Just heard this on a local radio station here at the Vaal Triangle VCR 90.6 Fm stereo
and copied the following from their face-book page.
Sorry it is in Afrikaans.
I am trying to get the cell number of the father of the girl so I can make a positive ID on the snake.
"SASOLBURG - 'n Graad vyf leerling aan die Laerskool Fonteine in Sasolburg in die Vrystaat is gistermiddag na die Emfuleni Medi-Clinic gehaas nadat 'n slang haar gepik het. Die elfjarige, Sane Smit wat by haar ouma op die plaas gaan kuier het, het met die honde gespeel toe die slang haar op die kuit gepik het. Die slang is vermoedelik een van die eiervreter-soorte. Smit het gesê dat sy nie eens die slang gesien het nie. Volgens 'n woordvoerder van die hospitaal het sy egter 'n driekwartuur later begin sukkel om asem te haal. Verpleegsters het haar dedelik suurstof gegee. Smit se toestand is stabiel, maar sy is steeds in die hospitaal vir waarneming. Dokters by die hospitaal, wat aanvanklik nie geweet het waarvoor om haar te bahandel nie, sê sy is buite gevaar en kan moontlik spoedig huis toe gaan. 'n Slangkenner by die Wits Universiteit in Johannesburg, Prof. Graham Alexander sê slange val nie net aan nie. Hy sê die reptiel het moontlik geskrik. Smit se pa het reeds die slang van kant gemaak."